Wednesday, 30 March 2011

'n Splinternuwe Strokiesverhaal.



"IN DIE KLOUE VAN DIE DRAAK" is 'n splinternuwe Afrikaanse Strokiesboek verhaal vir kinders tussen 8 en 12 (en vir volwassenes wat 'n sagte plek het vir kinders.), en soos jy kan sien, is die illustrasies van besonder hoĆ« gehalte. Die eerste druk was in 03/2011

Agtergrond
In die storie is daar 'n wrede draak wat elke aand van die boere se vee steel. Die draak woon in 'n grot, nie ver van die dorp af nie. Die baron het 'n prys op die draak se kop gesit, maar al die ridders wat mal genoeg was om die draak aan te vat, het tot dus ver verloor.  Geen mens wat dit durf waag om by die draak se grot in te gaan, kom ooit weer lewendig uit nie. 

Openingstoneel
Dis met hierdie agtergrond wat ons vir Jacques en sy vriende ontmoet. As 'n klomp arm plaaskinders, het hulle nie veel afleiding nie, en dit lei tot kattekwaad. Een van die kinders daag toe die groep uit om te sien hoe naby hulle aan die grot kan kom. Jacques se beurt is heel laaste, en omdat die vorige outjie dit tot by die ingang gewaag het, gaan hy toe by die grot in. Hy het egter te ver gegaan en toe hy wou omdraai, het die draak sy pad versper. Jacques is vasgekeer, totaal magteloos en oorgelewer aan die genade van die draak.

Vind uit hoe Jacques van die dood ontkom het, en hoe hy iets met die draak regkry wat nie een van die ridders voor hom kon regkry nie. 



 Waar om dit te kry:
Die boek kan tans oor die internet gekoop word by Graffitiboeke, die grootste Afrikaanse boekwinkel. Met verloop van tyd hoop ek om die boek beskikbaar te kry in meer boekwinkels. Moenie vergeet om die eerste 6 bladsye verniet te lees nie.

Indien u 'n boekwinkel eienaar is, en u stel belang om die boek te verkoop op consignment,  kan u my gerus epos. (Privaat kopers met navrae is natuurlik ook meer as welkom om my te kontak.)

Vertel al jou vriende!! 

 Besonderhede:
Titel: In die kloue van die draak
Outeur en illustreerder : Hanno den Boer
ISBN: 978 1920 290 85 6

PS. Moenie vergeet om jou kommentaar te los nie, ek wil graag weet wat jy dink :)

Draak, Drake, Kind, Seun, Seuntjie, Boek, Boeke, Kinderboek, Kinderboeke, Strokiesboek, Strokiesboeke, Storie, Stories, Kinderstorie, Kinderstories
Dragon, Dragons Child, Kid, Boy, Book, Books, Childrens Book, Childrens books, Comic Comics, Graphic Novel, Graphic Novels, Story,Stories,Childrens story, Childrens stories